Cakes for each occasion / Koeke vir elke geleentheid

Welkom op ons werf - kom skrop gerus rond!

Ek het genadiglik die gawe ontvang om te skep met my hande en daarom bak en versier ek koeke tot eer van my Skepper!

Ek het nog altyd net vir familie en vriende gebak, maar einde 2005 het ek my programeerder skoene uitgeskop en my beroep op voltydse “Mamma”. Ons spannetjie het gegroei tot 5 en al is dit ‘n besige storie, het ek die geleentheid gevind om Ocakesions op die been te bring.

My dogter Eunice (13) is ook lief vir versier en dit is vir my lekker om haar talent ook met jul te deel!

Ons woon in Leeudoringstad (Noordwes provinsie). Gaan loer na die Foto Gallery en indien jy iets sien waarvan jy hou of ‘n ander idee het, E-pos my dan kan ons gesels….! (E-pos my opsie links onder...)

Van my ander pogings is in die Argief opsie.

Vrede vir jou!
Engela Els